"Voel jy veilig in die skaduwee van jou stad?"
Mens kan sien aan die band se gesigsuitdrukkings dat die klank sommer hondpiel suig... en ek weet mos, want ek het self op daai verhoog gejol. Dis kak. Om in die crowd met 'n kamera te staan is nie veel beter nie; vir 'n Gof klub is die wit video skerm iets moers, en maar 'n kak backdrop wir 'n fotograf wat meeste van die tyd in swart en wit werk. Dis hoekom ek meeste van die tyd op die verhoog deurbring. Maar nou ja... ek wou actually my buddies se band kyk, maar ek raak vol skuldgevoelens as ek niks doen nie... so ek het bietjie my ding gedoen: in kleur, ja.
Van Coke Kartel was befok... en dit was hul tweede gig, nadat hulle 2 uur die oggend vanaf die eerste een in Kaapstad gery het. Hulle se hulle het bietjie gesukkel, maar dit was goed om weer kreatiwiteit deur die are te sien vloei.
En ja... hulle sing in Afrikaans... dus het ek die blog so geskryf.
Tot later dan.